My Vicks; my Vyejêm; my Custard en my Jellie

Image may contain: 1 person, sitting
My liefste liewe ou moederlikste Ma in my destydse winkeltjie – BellaRosa

ouma-hannah-in-bella-rosa

My liefste liewe ou moederlikste Ma,
Jy was die jêm van Pa se eerste somersvy


Jy was die koeksoda op elke alewige bysteek op die kinderlike kinderlyf van my
Jy was my vicks wat jy met jou grofgewerkte koue hande op my lyf,
My bors en rug vinnig en gretig invryf
Ma, ek proe jou steeds in ‘n warm tuisgebakte broodkorsie
En jy’s virewig in custard en jellie.

Ma, ek’s so verskriklik bloomin’wil bly
my kinders het elkeen ‘n groot stuk van jou liewe hart gekry.

Dis winter Ma weet – ja alweer
en vanoggend kon ek sweer
ek’t Ma hoor lag in die veraf Kaapse donderweer
‘t my sommer blienkin’ baie opgecheer.

Gelukkige verjaarsdag in die Hemel my liewe ou Moederlikste Ma
ps.. sê tog liefde vir Piet en my liewe ou Pa,
Vir Vissie, vir Boena en groot asseblief ook my liefste Sonja.

Ai tog.
My ou soppy hart verlang maar nog.

 

7 thoughts on “My Vicks; my Vyejêm; my Custard en my Jellie

Lewer kommentaar